 |
 |
Opel Club Cape Town |
|
|
Page 1 of 1
|
[ 5 posts ] |
|
| Author |
Message |
|
Corsa Addict
|
Posted: 11 Mar 2013, 10:27 |
|
Joined: 29 May 2007, 13:54 Posts: 49781 Location: Paarl...ex Durbs
|
|
TOWENAAR Dis die seuntjie se eerste dag op skool en die juffrou vra wat se werk doen sy pa. Seuntjie: "My pa is 'n towenaar juffrou. Hy saag mense in die helfte." Juffrou: "En hoe kry hy dit reg?" Seuntjie: "Ek weet nie juffrou, maar op hierdie dorp het ek vyf half boeties en drie half sussies."
DAAR HET JY DIT! Gatiep kyk vir oulaas na sy oorlede pel in die kis en se: "Dja, djy het mos nie inie hemel geglo nie en djy het okkie innie hel geglo nie. En hie le djy nou all dressed up and nowhere to go!!
BANG, BANGER, BANGSTE Jannie, Pietie en Gawie stry oor wie se ouers die bangste is. Pietie: "My pa is so bang, as die weer opkom dan gaan kruip hy weg onder die bed." Jannie: "Dis nog niks, my pa is so bang, as my ma nagdiens werk, gaan slaap hy by die tannie langsaan." Gawie: My pa en my ma is weer bang vir cartoons. Hulle sit die cartoons vir ons op dan hardloop hulle kamer toe, maak die deur toe, spring onder die komberse in en le daar en bewe, die banggatte .
ERNSTIG Jannie was afwesig by die skool en die juffrou vra hom waar hy gister was. Jannie: "My oupa het gebrand juffrou." Juffrou: "Ek is baie jammer om te hoor. Is dit ernstig?" Jannie: "Juffrou, by die krematorium vat hulle nie k#k nie!
DIE OU DAE Toe ek 'n kind was het my ma my kafee toe gestuur met 'n R5-noot en dan het ek teruggekom met 'n sak meel, drie brode, twee liter melk, 'n dosyn eiers, een kilogram kaas, 'n hele pak lekkers en 'n groot polonie. Jy kan dit nie meer vandag doen nie - daar's te veel sekerheidskameras!!
Hoe die toi-toi ding regtig werk: Die voorste klomp skree almal:"We want equal rights!" Die middelste klomp hoor nie mooi nie en skree: "We want electric lights!" Die agterste klomp het geen idée waaroor dit gaan nie en skree: "We want big corn bites!" En so weet niemand wat hulle eintlik wil hê nie!
_________________ Opel Club Cape Town Member
|
|
 |
|
 |
|
Chez 200is
|
Posted: 12 Mar 2013, 11:35 |
|
 |
| Filter, Exhaust & Branch |
 |
Joined: 24 Jul 2012, 10:15 Posts: 913
|
Lol 
|
|
 |
|
 |
|
Corsa Addict
|
Posted: 24 Oct 2013, 08:45 |
|
Joined: 29 May 2007, 13:54 Posts: 49781 Location: Paarl...ex Durbs
|
|
Gister het ek by 'n robot stilgehou waar 'n man gestaan het met 'n kartonbord wat lees "help, no job. 2 days without food" Vanoggend het ek weer daar gestop en soos dit maar gaan het ek my bes probeer om hom mis te kyk. Ek kon nie. Dit het my vreeslik gepla. Ek kon toe net nie meer hou nie en roep hom nader. Ek krap toe orals in my kar rond. Gelukkig kry ek toe 'n koukie pen en help hom reg. Dis vandag dag 3. ================================================= Ek sien nounet n veearts se bakkie met die volgende bumper sticker: "Ek's n veearts, ek ry soos n dier". Toe dink ek so by myself, daar is darem baie ginekoloë ook op ons paaie!
================================================= Blondine koop 3 swangerskapstoetse en al 3 wys positief... Sy vee die trane af en sê: "Jissie, ek weet nie hoe ek vir 'n drieling gaan sorg nie!"
================================================= 2 Moffies loop in die park en sien 'n vrou alleen stap deur die bosse... Die een sê: "Kom ons val haar aan!" "Ja!" sê die ander een. "Dan hou jy haar vas, dan doen ek haar hare..." ================================================= Ek word mos vanoggend wakker met 'n helse babelas en my buurman se grassnyer wat raas in my ore. Ek reken toe, te hel daarmee, hy moet maar net om my sny, ek staan nie nou op nie... ================================================= 'n Grap is n grap maar jy plak nie 'n ''Arrive Alive'' sticker op 'n lykswa nie! ================================================= My vrou was vreeslik beindruk toe sy hoor hoe baie geld ek elke maand vir Charity gee. Maar sy was hoogs be*** toe sy uitvind Charity werk by Teazers! ================================================= Twee ouens sit en gesels.Die een ou sê: "Ek kan nie wag om by die huis te kom en my vrou se g-string af te ruk nie." Ander ou: "Is jou vrou na al die jare nog steeds vir jou so onweerstaanbaar?" Eerste ou: "Nee man ek dra hom en die ding maak my gat seer!"
================================================= 'n Vrou bel die Nelspruitse Polisiestasie en sê: 'My man het twee dae gelede aartappels gaan koop en is nog nie terug nie!' Daar is 'n lang pouse voor die polisievrou verbaas sê: 'Eish Madam! Kan jy nie maar iets anders kook nie?'
================================================= Die dogtertjie se vir haar ma: "Ma, die seuns by die skool wil die heeltyd he ek moet wawiele maak vir hulle!" Die ma sê toe: "Moenie dit doen nie, hulle wil net jou panty sien" Die dogtertjie se toe: "Ek weet, dis hoekom ek hom in my tas bere".
================================================= 'n Klomp miere loop teen Prins Charles se been op. Skoenlapper vlieg verby en vra: 'Waarheen is julle oppad?' Miere antwoord: 'Na die koninklike bal!'
_________________ Opel Club Cape Town Member
|
|
 |
|
 |
|
Mr Lupini
|
Posted: 24 Oct 2013, 08:48 |
|
 |
| Opel Club Cape Town AFFILIATE |
 |
 |
Joined: 16 Mar 2007, 09:43 Posts: 32589 Location: Supposedly I am in Cape Town
|
|
LOL
_________________ 'SOFAKENWAT'
|
|
 |
|
 |
|
Mr Lupini
|
Posted: 24 Oct 2013, 08:52 |
|
 |
| Opel Club Cape Town AFFILIATE |
 |
 |
Joined: 16 Mar 2007, 09:43 Posts: 32589 Location: Supposedly I am in Cape Town
|
|
Afgeskeepte huisvrou besluit om haar man te verlei. Sy doen hare en gooi roosblare in die gang en wag vir haar man in sexy lingerie. Hy is verbaas toe hy tuiskom, maar volg die paadjie na die slaapkamer, pluk sy overall af, gooi haar op die bed. Sy: "Nee my skat, nie so vinnig nie, wat van bietjie voorspel?" Hy: "Voorspel..?????" Sy: "Ja, jy weet mos, terg my so bietjie" Hy: "Ooooo, okay........... Vettie, Vettie, Vettie!!!
_________________ 'SOFAKENWAT'
|
|
 |
|
 |
|
|
Page 1 of 1
|
[ 5 posts ] |
|
Users browsing this forum: No registered users and 14 guests |
| |
|
|
You cannot post new topics in this forum You cannot reply to topics in this forum You cannot edit your posts in this forum You cannot delete your posts in this forum You cannot post attachments in this forum
|
|
 |